GRAAFF-REINET NUUS - Twaalf leerders van Spandau Sekondêre Skool het die afgelope naweek deelgeneem aan die provinsiale Sanlam WOW Spelfees in Gqeberha.
Die leerders, wat die Sarah Baartman-distrik verteenwoordig het, was oorgehaal om hul beste te lewer en drie het deurgedring na die nasionale rondte in Stellenbosch einde September.
Shakira Kemp en Rudwaan Hartlief was uitblinkers in hulle onderskeie afdelings met eerste en tweede plekke vir Afrikaans Gr 10. Davinia Goliath het vierde plek behaal vir Gr 9 Afrikaans.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’