KAROO NUUS - Die Vroue Landbouvereniging in Kaapland (VLVK) het hul jaarlikse kongres op 15 en 16 Augustus by die Vredelustkerk in Belville gehou waar Sirkel Tygerberg as gasvroue opgetree het. Sowat 260 afgevaardigdes het 3 000 VLV lede regoor Kaapland verteenwoordig. Ronel Gouws het Hofmeyr verteenwoordig en was vergesel van Nadia Bosch, voorsitter van Hofmeyrtak.
Sirkel Cradock se tak in Somerset-Oos het die Westfalia-trofee gewen as die tak met die meeste leefstylpunte.
Dr. Ilse Trautman het as openingspreker opgetree en gesels oor klimaatsverandering.
Virginia Blaser, eertydse Amerikaanse konsulgeneraal in Kaapstad, het 'Vroue in Leierskap' bespreek.
Ander baie interessante sprekers was prof. Abel Esterhuyse, Rian Truter, Mari Hudson van RSG en Misi Overturf, medeaanbieder van In die Sop op Kyknet.
Kongresgangers het geluister na die SA Jeugkoor en die fluitspeler Adriaan Costerus. 'n Eenbedryfopvoering, Die vere maak die voël, geskryf deur Langebaantak, is ook opgevoer.
VLVK se "Dankiepersoon vir 2024" is Minke Jansen van Rensburg, 'n Springbokswemmer van George, wat seëvier oor Downsindroom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’