Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Altesaam 170 jongmense vanaf Hofmeyr, Steynsburg en Middelburg het Saterdagaand, 9 Desember, teen 20:00 vir die jaarlikse Schoombee skoffel opgedaag.
Die jeugbestuur van Schoombee-sportklub, onder leiding van Murray Lord, 'n sakeman uit die area, het die lokaal vir dié skoffel in 'n heerlike plaasatmosfeer omskep.
Die musiek wat deur Lord verskaf is, het behoorlik die jonges se voete gekielie en die lywe is behoorlik op die dansbaan rondgeswaai.
Video - Die einde van die liedjie het met ‘n geswaai en draai geïndig:
Video: Murray Lord - Schoombee Skoffel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’