ABERDEEN NUUS - Sewe van Aberdeen Sekondêr se leerders het aan die Sarah Baartman-distrik se atletiekbyeenkoms in Gqeberha op 14 Februarie deelgeneem en baie goed gevaar.
Die leerders is Ronaldo May, Xaviano Booysen, Ronaldinho Skaarnek, Alicia Kekana, Christiano Afrika, Vuyani Afrika, en Milandor Ambraal.
Ronaldinho Skaarnek het ‘n bronsmedalje in die 400 m verower en was vierde in die 200 m.
Christiano Afrika het ‘n bronsmedalje in die 200 m verower en was 4de in die 100 m.
Vuyani Afrika was vierde in verspring en Renaldo May vierde in die 1 500 m-wedloop.
Die Oos-Kaapse Atletiekkampioenskappe vind op 5 en 7 Maart in Oos-London plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’