GRAAFF-REINET NUUS - By Cradock Voorbereidingskool is daar hierdie jaar dubbele pret en trippel plesier! Altesaam ses stelle tweelinge en 'n drieling is die jaar by die skool ingeskryf.
Die fasiliteerders het blitsvinnig die leerders se name leer ken, want al lyk hulle so baie na mekaar, verskil hul persoonlikhede gelukkig.
Die fasiliteerders staan ook verstom oor die band tussen hierdie boeties en sussies.
Tweelinge kom wêreldwyd in een uit 80 geboortes voor; 1.25% van alle geboortes is dus tweelinge.
Drielinge is natuurlik baie skaarser, met slegs een drieling uit elke 8 000 geboortes- slegs 0,0125% van wêreldwye geboortes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’