KAROO NUUS - Ses verdagtes is Sondag 25 Augustus op verskeie klagte in hegtenis geneem na die Cookhouse-hoofwegpatrollie ‘n grys Mercedes Benz van die pad getrek het.
Die wetstoepassers was besig met ‘n hoë sigbaarheids-misdaadbekampingsoperasie op die N10, toe inligting ontvang is dat die Mercedes met ‘n besending dwelms op die roete onderweg na Gqeberha is.
Die voertuig is afgetrek en die polisie het beslag gelê op 30 Mandrax-tablette, wapens, kontant en die Mercedes. Twee ongelisensieerde pistole en ammunisie is gevind asook 'n onbekende bedrag kontant.
Vier mans en twee vroue tussen 23 en 35 jaar is in hegtenis geneem.
Die verdagtes sou vandag, Maandag 26 Augustus, in die landdroshof op Somerset-Oos verskyn.
Die Sarah Baartman-distrikskommissaris, Majoor-Generaal Zolani Xawuka, het sy lede geprys vir hul vinnige reaksie en gesê ongelisensieerde vuurwapens en dwelms is die grootste bydraende faktore tot ernstige misdaad in die Oos-Kaap.
Twee ongelisensieerde Norinco pistole is in die Mercedes gevind. Foto's: verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’