STEYNSBURG NUUS - Rob en Sally van Kerkhof, van Steynsburg, het op 7 Maart hul 60ste huweliksherdenking by hul huis in Steynsburg herdenk.
Die egpaar het geen bekendstelling in Steynsburg nodig nie, hulle is sinoniem met die dorp. Die eens welbekende Handelshuis is deur Sally bedryf, terwyl Rob van Kerkhof reg langsaan sy apteek gehad het.
Hier het hy sy uitgebreide mediese kennis gedeel, en hy was ook dié persoon om te kontak met enige navrae. Hierdie twee mense het 'n groot rol in die dorp en sy geskiedenis gespeel.
Die glansgeleentheid was in die gemak van die egpaar se eie huis gehou, en naaste vriende kom dié spesiale dag saam met hul geniet nadat Sally al die eetgoed self voorberei het.
Die van Kerkhof-egpaar 60 jaar gelede met hul troudag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’