CRADOCK NUUS - Karin Human van die Cradock-diereskuiling, het onlangs saam met Sebastiaan, 'n inwoner van die skuiling, Fanie Theron Preprimêr besoek.
Die skool het 'n lywige donasie van hondekos, asook die geld wat leerders op Valentynsdag ingesamel het, aan die diereskuiling oorhandig.
Sebastiaan geniet die aandag van die kinders.
Sebastiaan het pragtig vertoon met sy uitrusting en het al die aandag geniet wat die maats oordadig aan hom gegee het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’