KAROO NUUS - Nege plaasvroue rondom Schoombee, tussen Steynsburg, Middelburg, Hofmeyr en Graaff Reinet het op 3 en 4 November hul tuine gratis oopgestel vir die publiek as deel van die Schoombee-tuinetoer.
Groot getalle besoekers selfs van sover as Port Alfred het opgedaag en volgens hulle was niemand teleurgesteld nie.
"Ons het, op 4 November, meer as 100 besoekers deur ons plaas se tuin geneem," sê Charles Jordaan, eienaar van die plaas De Keur.
Nadia Bosch, voorsitter van Hofmeyr-tuinbouklub sê dat hierdie tuinetoer beslis 'n vaste instelling gaan word en op elke tuinliefhebber se kalender aangeteken moet word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’