GRAAFF-REINET NUUS - Tydens die SA nasionale saalperdkampioenskappe by Bloemfontein-skou, het drie leerders van Hoër Volkskool baie goed presteer. Dit is die grootste opelugskou ter wêreld.
Hul uitslae is as volg:
• Tiaan Fourie eindig agste in die 3-gang natuurlike maanhare- en stertruiters 18 jaar en onder, en vierde in die 3-gang parkperdruiters 18 jaar en onder.
• Marli Fourie word aangewys as die SA kampioen 3-gang ruiterkuns vir ruiters 14 jaar en onder, sy behaal ‘n derde plek in 5-gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 14 jaar en onder. Sy eindig ook derde in die 3-gang SA groot kampioen kinderryperd vir ruiters 14 jaar en onder.
• Philip Ehlers is 'n reserwe SA kampioen in die 3-gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 14 jaar en onder.
Hierdie ruiters word deur Sumeri Botha van Kamdeboo-stalle afgerig.
Philip Ehlers