GRAAFF-REINET NUUS - Johann en Gail Weitsz van Heemstede, buite Cradock bedryf 'n melkplaas, en daar word soggens baie vroeg geroer om die koeie te gaan melk.
Vroegoggend op Maandag 10 Februarie was die werkers baie opgewonde om 'n plaat met ekstra groot paddastoele uit te wys, en Johann was vinnig by met sy kamera om die aardige plante op film vas te lê voordat hulle onder die eerste sonstrale verskrompel.
"Ons aanvaar maar dit is giftig en waarsku ook die werkers," vertel Johann.
Wat 'n bielie van 'n paddastoel!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’