Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Na ’n lang droeë somer het die boere van die Doornhoek-omgewing, aan die voet van die Bamboesberge tussen Hofmeyr en Molteno, gistermiddag gejuig.
Daar het reeds Sondag ‘n beloftebui oor die gebied uitgesak, maar die eintlike reën het gister, 4 Maart, begin val toe swaar, donker reënwolke en donderweer in die verte begin opsteek.
Die spreekwoord ‘thunder before seven, none by eleven’ het gelukkig nie gerealiseer nie, en teen 10:00 gister het die Vermaaks van Rietfontein Safaries laat weet dat hulle 30 mm uit die reënmeter kon giet.
Die wêreld is nat en die voedingsare van die Vlekpoortrivier, wat hierdie omgewing se hoofwaterbron is, is stadig besig om met rooi skaliegekleurde water af te kom.
Die boere se vroue het pannekoek gebak, met dik, stroperige kaneelsuiker. Uiteindelik kry die lande water!
VIDEO: Roelf Opperman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’