GRAAFF-REINET NUUS - Die bloedbad op die Oos-Kaapse paaie het ook plaaslik ‘n effek gehad. Die taxi-ongeluk op Versoeningsdag in Graaff-Reinet het op elke inwoner ‘n invloed gehad, soos wat gesien kon word tydens die tonele wat afgespeel het terwyl daar by ‘n gebedsdiens vir reisigers en gestorwenes op die toneel gebid is.
En elke Graaff-Reinet-reisiger ry stadiger wanneer hul by dié punt verbyry. Die feesgees is gemp en gemoedere was treurig, só kort voor Kersfees.
Altesaam 14 mense het in dié grusame ongeluk - 40km van Graaff-Reinet op die N9 - op 16 Desember gesterf.
Op 31 Desember het Kabelo Mogatosi, lid van die Oos-Kaapse parlement en skaduminister vir paaie en vervoer versoek dat daar dringend ingegryp sal moet word om die verstommende toename in Oos-Kaapse padsterftes aan te spreek.
Die Oos-Kaapse paaie het ‘n bloedbad geword. Altesaam 202 mense wat hul
lewens in minder as 'n maand tydens die feestyd verloor.
“Hierdie tragedie is 'n verdoemende aanklag van die Oos-Kaapse regering, wat blykbaar nie in staat is om padveiligheidregulasies toe te pas nie.
Die verkeer op ons paaie sal na verwagting ook binnekort weer aansienlik toeneem namate vakansiegangers terugkeer huis toe.
As die provinsiale regering ernstig is om die chaos op ons paaie te beëindig, moet hy 24 uur per dag verskerpte verkeers-wetstoepassing implementeer - met 'n spesifieke fokus op hoërisiko-roetes.
Streng strawwe moet afgedwing word vir padgebruikers wat nie by die reëls hou nie. Geteikende padblokkades en nugterheidskontrole moet ononderhandelbaar word.
Bestuurders moet derhalwe ook gedwing word om uit hul voertuie te klim. Hulle reis heeldag, sónder om ooit uit die voertuig te klim, te strek en te rus. Hulle raak oormoeg.”
Die installering van gemiddelde afstandspoed-kameras (ASOD) op dele van die N2, waar ongelukke en sterftes algemeen voorkom, het indringend noodsaaklik geword. Hierdie kameras word reeds doeltreffend in die Wes-Kaap gebruik en kan help om sterftes in 2025 drasties te laat afneem.
Ten spyte van die moeilike werksomstandighede en personeeltekorte word die ywerige verkeersbeamptes regoor die provinsie geloof, van wie baie skofte van 12-uur lank - dag en nag - werk.
Dan gaan werk weer totdat die verkeer op hoofroetes bedaar het. Om hulle te help om ons paaie veilig te hou, word elke motoris, voetganger en passasier versoek om veiligheid te prioritiseer deur alle verkeerswette na te kom.
Die Advertiser betuig ook saam met die skaduminister ons meegevoel met die families en vriende van diegene wat hul lewens verloor het. Die verlies van selfs een lewe op ons paaie is een te veel.
Luidens ’n verslag vandeesweek deur die Oos-Kaapse LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het dié skokkende voorvalle tussen 1 Desember en 28 Desember verlede jaar plaasgevind.
Die amptelike dodetal dui op 'n verbysterende toename, met sterftes wat van 97 gedurende dieselfde tydperk in 2023 gestyg het.
“Soos verwag, het hoërisiko-roetes soos die N2 (met meer as 42 sterftes) en die R61 (met meer as 21 sterftes) weer as die dodelikste bewys.
Die enkele dodelikste ongeluk het op die N9 naby Graaff-Reinet plaasgevind, waar 14 mense hul lewens verloor het,” sê Nqatha. “Daar is reeds op 15 Desember’n beroep op die provinsiale regering gedoen deur die amptelike opposisie om dringend op te tree om padgebruikers se lewens te beskerm. Maar sonder noemenswaardige sigbare ingryping het die feestyd vir baie gesinne 'n tyd van hartseer geword.
Hierdie tragedie is 'n verdoemende aanklag teen die Oos-Kaapse regering, wat blykbaar nie in staat is om padveiligheidsregulasies toe te pas nie,” sê Mogatosi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’