GRAAFF-REINET NUUS - Die R75 na Jansenville is tans versper weens protesaksie deur inwoners ná die moord op 'n bekende in die Jansenville-gemeenskap, Piet Tieman, laat Sondagmiddag.
'n Vragmotor is gebruik om die pad te versper en owerhede werk daaraan om die situasie op te los.
Die polisie monitor die situasie op die terrein.
Motoriste word aangeraai om die pad te vermy weens die voortgesette protesaksie. Ao. Majola Nkohli, mediawoordvoerder van die SAPD, raai motoriste aan om alternatiewe roetes te gebruik tot verdere kennisgewing.
"Die aanbevole roete om Graaff-Reinet te bereik sal wees om oor Klipplaat deur Aberdeen te reis," sê Nkohli.
Tieman is laatmiddag op Sondag 18 Mei doodgeskiet. Die welbekende inwoner was beide die ambulansman en die begrafnisondernemer.
Hy was ook 'n gastehuiseienaar en boukontrakteur.
Plaaslike inwoners het aangedui dat hulle die R75 deur protesaksie gesluit sal hou totdat die skuldiges aan die kaak gestel word.
Alternatiewe roetes word sterk aanbeveel tot verdere kennisgewing. Die polisie monitor die situasie op die terrein.
“Die aanbevole roete om Graaff-Reinet te bereik sal wees om oor Klipplaat deur Aberdeen te reis,” sê Nkohli.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’