GRAAFF-REINET — Die hoë premie wat Hoër Volkskool op die akademiese onderbou van sy leerders plaas, word in die oud-leerders se goeie vordering op tersiêre instansies weerspieël.
Dit is volgens Hennie van Rooyen, skoolhoof nadat 'n paar oud-leerders onlangs grade by verskeie universiteite regoor die land verwerf het.
"Nie alleen is hulle gewoond aan 'n onderrigkultuur en hoë akademiese standaarde nie, maar hul alma mater het help verseker dat 'n goeie akademiese grondslag vir toekomstige studies vasgelê is."
Chris Pietersen, wat in 2014 aan Hoër Volkskool met 7 onderskeidings, gematrikuleer het, het vanaf 2015 tot 2017 B.Rek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Hy behaal toe sy graad Cum Laude in Desember 2017 hy het ook elke vak in die drie studiejare met onderskeiding geslaag.
Hy is tans besig met B.Rek Honneurs. Hy het reeds in 2017 by die rekenmeestersfirma Moore Stephens geteken om sy klerkskap vanaf Januarie 2019 daar te doen.
Nog 'n oudskolier, Antonie de Beer, wat ook in 2014 aan Hoër Volkskool met 7 onderskeidings matrikuleer het, behaal 'n BSc Laser en Kernfisika-graad aan die Universiteit van Stellenbosch Cum Laude.
Hy sit sy studies voort met Honeurs in Laser Fisika.
Chris Pietersen
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'