GRAAFF-REINET NUUS - 'n Yslike pofadder het Vrydag 24 Januarie ewe grootmeneer by die Cradock-diereskuiling gaan kuier.
"Ons is al gewoond aan dié besoekers, want die skuiling is ver van die dorpsgewoel en 'n heining gaan mos nou geen slang keer wat sien daar is koelte, water en kos beskikbaar nie.
"Gelukkig is Wayne de Beer se noodnommer bo-aan ons lysie, en wanneer ons honde ons waarsku, weet ons almal ons moet op die uitkyk wees vir 'n slang.
"Pofadders kamoefleer mos saam met die klip-en-grondpaadjies en lê doodstil," vertel Karin Human van die skuiling.
De Beer, Cradock se slangevanger, was vinnig daar om die pofadder te vang en elders vry te laat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’