GRAAFF-REINET NUUS - Liezel Luiters, verbonde aan Laer Volkskool, het onlangs erkenning van die Landsdiensbeweging ontvang.
Die Landsdiensbeweging, of net Landsdiens, is 'n Suid-Afrikaanse organisasie wat daarop gemik is om die jeug op opvoedkundige kampe en uitstappies te neem, asook om maatskaplike projekte aan te pak.
Liezel se uitmuntende betrokkenheid by dié organisasie het aan haar 'n Silwer Prestasie Toekenning vir volwassenes opgelewer.
'Ons bring jou die nuutst Graaff-Reinet, Karoo nuus'