KAROO NUUS - Ouma Duifie Pokpas van Cradock het op Maandag 26 Augustus haar 104de verjaarsdag gevier.
Haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders het haar bederf met 'n kleurvolle verjaardag en daar was sommer twee groen verjaarsdagkoeke.
Op 'n vraag van Graaf-Reinet Advertiser oor waarom sy dink sy so bevoorreg is om so oud te word, was haar vinnige antwoord: "Ek het my ma en pa opgepas en gewaardeer tot aan die einde van hulle lewe.
"Ek gebruik niks bossiemedisyne nie. Ek het myself ook nie ooit aan alkoholiese drank of tabak vergooi nie. Eer jou vader en jou moeder en jou lewensdae sal verleng word. Ek is vandag 'n getuie hiervan."
Ouma Duifie sê sy kan nog lekker sterk loop, sy kan goed hoor en "al raak die ogies dof, kan ek nog alles sien wat ek moet."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’