Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die kleuters van die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet het Vrydagoggend, 14 September, entoesiasties deelgeneem aan hul jaarlikse staptog.
In die voorafgaande weke is die kleuters uitgedaag om plaaslike inwoners en besighede uit te daag om hulle te borg vir dié stap om sodoende fondse te in vir die skool.
Die kleuters se pretstap het toe afgeskop by die skool op ‘n pragtige lenteoggend, waarna hulle tot by die Bergpad gewandel het, en toe weer terug gedraai het skool toe.
‘n Klompie ywerige ouers het ook deelgeneem aan dié pretstap.
Terug by die skool kon die kleuters van ‘n verskeidenheid lekkergoed, wat deur ‘n paar flukse mammas gemaak is, kies om te koop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'