Video
CRADOCK NUUS - Die welbekende sangers, Chris en Elmari Brits van Cradock het weer op 29 Mei by Elizabeth Jordaan-tehuis opgetree. Hierdie geleentheid was oop vir die publiek en is goed ondersteun.
Een van die inwoners by die aangrensende Erica Sentrum, Marietjie Opperman, sê dat die inwoners van Elizabeth Jordaan-tehuis én Erica Sentrum weer op die voorstoep van die hemel was met die optrede.
"Na afloop van die aand stap almal daar uit as vriende en 'n kameraderie onder mekaar waar hulp aangebied word met 'n 'wag, dat ek jou help dra', of 'kom stap saam met my', of 'op pas dat jy nie val nie', dan weet ék dat Chris en Elmari kom doen het wat Jesus sou doen.
"Hulle het ons harte met Sy liefde aanmekaar gebind," sê Opperman.
VIDEO: Teresa Opperman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’