GRAAFF-REINET - Die jeug in Suid-Afrika is werkloos en dwelm- en alkoholmisbruik laat die misdaadsyfers by die dag styg.
Dit is hoekom verskeie kerke in die dorp besluit het om 'n Christelike opwekkings-diens te hou. Die doel was om die jeug nader aan die Here te bring.
Jeugmaats uit verskeie dorpe het by die verrigtinge, wat verlede naweek by die Uniting Presbyterian Church of South Africa in Narsingstraat, Asherville, gehou is, bygewoon.
Die tema van die opwekkingsdiens het uit Hosea 13 vers 6 gekom. Dit lui: "Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle, hulle vol geëet en hoogmoedig geword. Daarom het hulle van my vergeet."
Die Saterdag het die jeug die strate in gevaar vir 'n veldtog teen die nagklubs, tavernes en sjebiens in die dorp. Saterdag-middag het verskeie vroue motiveringspraatjies aangebied.
Die opwekkingsdiens is Sondag in 'n stampvol Presbiteriaanse kerk afgesluit waar daar 'n spesiale kerkdiens aangebied is.
Die diens is begin met 'n gebed deur Celeste Booysen van Oudtshoorn.
Agnes Marlow, Valerie Blaaw, Elmanda Smith,en Almeda Fourie.
Van die jeugdiges wat die opwekkingsdiens bygewoon het. Foto's: Neco Bokwe
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'