KAROO NUUS - Dis herfstyd in die Noord-Oos Kaap, en net na die eerste reën is massiewe, indrukwekkende spinnerakke oral in beboste gebiede, en ook teen grensdrade sigbaar.
Die spinnerakke is die pootwerk van die Nephila, 'n genus van araneomorph spinnekoppe, bekend vir hulle indrukwekkende spinnerakwebbe.
Die Nephila bestaan uit talle spesies wat in warmer streke regoor die wêreld voorkom. Hulle word algemeen genoem goue-sybolwewers, goue-bolwewers, reusehoutspinnekoppe, of piesangspinnekoppe.
Tussen Hofmeyr en Steynsburg het die eerste spinnerakwebbe oor Paasnaweek verskyn, en na die sagte reën het dit geglim en glinster van dié indrukwekkende spinnerakke.
Die spinnekoppe is nie altyd sigbaar nie, maar is ook indrukwekkend met sy gestreepte lang pote en goue strepe oor sy swart dopagtige lyf.
Hierdie spinnerakke en webbe is jaarliks net in hierdie area sigbaar totdat die eerste ryp veroorsaak dat dit breek en verflenter raak.
Omdat die webbe soms tot 'n meter in deursnit kan raak, word kinders en troeteldiere maklik daarin verstrengel, maar spinnekop-se-kind herbou enige skade aan sy web blitsvinnig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’