GRAAFF-REINET NUUS - Brendon Daniels is onlangs as die nuwe skoolhoof van Kroonvale Primêr aangestel.
Hy het sy onderwysstudies aan die UWK met 'n BA en HOD voltooi, waarna hy ook sy honneurs- en meestersgraad in opvoedkunde aan NMU voltooi het.
Daniels was voorheen verbonde aan Asherville Sekondêr waar hy eers departementshoof in 2016 was en in 2017 adjunkhoof geword het.
"Ek is ongelooflik trots en opgewonde om die pos te kan beklee. My visie vir Kroonvale Primêr is hoogstaande kwaliteit onderrig en om 'n goeie fondasie vir hoërskole te lê. Ek wil ook puik sportontwikkeling aan leerders voorsien."
Daniels sê hy weet dat leerders onder sy leiding en saam met 'n baie gemotiveerde en relatief jong personeel en 'n positiewe skoolbeheerliggaam sal nuwe hoogtes kan bereik.
"Kroonvale moet kan skouers skuur met die voormalige model-C-skole in die dorp. Ouers kan verseker wees dat leerders in hul holistiese totaliteit opgevoed sal word en dat dissipline die wagwoord sal wees by ons nuwe skool."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'