GRAAFF-REINET NUUS - Die Patriotic Alliance (PA) in die Dr. Beyers Naudé-streek het op 9 Augustus ‘n uiters suksesvolle netbaltoernooi ter viering van Vrouedag aangebied.
Toeskouers vanuit alle oorde het vanaf vroeg die oggend na die ou swembad in Kroonvale gestroom om die dag daar te geniet. Altesaam nege spanne van Graaff-Reinet, Aberdeen en Willowmore het meegeding en groot vermaak verskaf.
Sentraal-netbalklub van Graaff-Reinet het koningin gekraai en met die wenprys van R1 000 en ‘n trofee weggestap.
Birds United het die tweede plek verower en R500 prysgeld ontvang. Roland Ludick en Sias Smith, PA-leierskap in the Dr. Beyers Naudé-streek, het die pryse aan die wenspanne oorhandig.
Roland Ludick het Campbell Scott van Tyremart in Graaff-Reinet bedank vir sy bydrae om van die dag ‘n sukses te maak. Scott het gehelp om die netbalveld skoon te maak ter voorbereiding vir die netbaltoernooi.
Hy het sy kruiptrekker (TLB) en ‘n werker beskikbaar gestel en selfs die diesel verskaf en daarvoor wil die PA hom hartlik bedank.
Roland Ludick oorhandig die wenprys aan die kapteine van Sentraal Netbalklub, wenners van die Vrouedag netbaltoernooi.
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo news'