Breaking News
PROVINSIALE NUUS - Sedert vanoggend 06:15 het daar twee ongelukkig op die N10 plaasgevind. Een van hierdie ongelukke is veroorsaak nadat swaar reën in die omgewing geval het en die padoppervlak oorspoel het. Die trok het beheer verloor oor die voertuig en die pad verlaat. Dié ongeluk het tussen Kommadagga en Theuns se Winkel, waar die afrit na Jansenville is, plaasgevind
Video: Die padoppervlak by Kommadagg is oorstroom
In 'n ander insident, was twee trokke in 'n kop-aan-kop botsing by die Alicedale afrit, aan Cradock se kant van die Olifantskoppas, betrokke. Verkeer is sedert vanoggend 07:00, na dié ongeluk tot stilstand gebring en hoop al vir 5 km op.
Video: Voertuie wag by Alicdale afrit om deurgelaat te word wanneer die pad weer vir verkeer oopgestel word.
Klik hieronder vir berig en video oor die ongeluk:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’