MIDDELBURG NUUS - Die N10-hoofweg naby Middelburg in die Oos-Kaap is tans weens ’n betoging oor swak dienslewering vir verkeer gesluit.
Inwoners van die dorp, wat onder die Inxuba Yethemba-munisipaliteit ressorteer, sê hulle sukkel reeds jare lank met aanhoudende waterprobleme en dat hul klagtes herhaaldelik geïgnoreer word.
Volgens inligting is een voertuig reeds tydens die betoging aan die brand gesteek en heeltemal uitgebrand. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Owerhede was vooraf bewus van die beplande betoging en veiligheidsdienste is tans op die toneel om die situasie te monitor en orde te handhaaf.
Motoriste word intussen aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik tot die pad weer oopgestel word.
Dit is ’n ontwikkelende storie en verdere inligting sal bekendgemaak word soos dit beskikbaar is.
Voertuie blokkeer die N10.
Inwoners deel mee dat 'n swaar rook oor gedeeltes van die dorp hang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’