GRAAFF-REINET NUUS - Mountain View Stars-netbalspan het die Young Stars verlede Sondag tydens 'n wedstryd by die oop stuk grond in Nuwehuise geklop.
Die o. 15-netbalspan van Mountain View het die Young Stars oortuigend met 42 - 28 oorwin.
"Die wedstryd het baie aksie opgelewer en dit was ‘n plesier om die jong talent te sien speel.
Die doele vir Mountain View Stars is deur Tasneem Swartz en Kaytlin Malotana aangeteken," sê Ronald Deysel die stigter van die klub.
Deysel is trots met sy vertoning en sê daar is baie ruimte vir verbetering vir ons jong mense.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’