Breaking News
HOFMEYR NUUS - Die liggaam van 'n vrou is kort voor 11:00 vanoggend, slegs 500m agter die laaste bewoonde erf in Hofmeyr, op die R391 roete na Molteno gevind.
Dit blyk die vrou is verkrag en toe vermoor.
Die plaaslike polisie is op die toneel en die forensiese span van Middelburg is oppad waarna die liggaam na Komani geneem sal word vir 'n nadoodse ondersoek.
Foto's van die toneel word nog nie toegelaat nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’