GRAAFF-REINET NUUS - Lamb Champs, die grootse kompetisie van sy soort, is verlede Saterdag vir die eerste keer in Graaff-Reinet aangebied.
Die boere het 29 lammers op die spit gebraai in die hoop dat hul lam as die smaaklikste aangewys sal word.
Chrisna Vermeulen van Middelburg is uiteindelik as die Karoolam-kampioen gekroon nadat die beoordelaars gesê het haar lam is die lekkerste lam van 2024.
Vermeulen se bronstrofee is R50 000 werd en sy ontvang R25 000 kontant.
Tydens vanjaar se kompetisie het 29 Karoo-lamboere, almal geregistreer by die Karoolam-konsortium, die egtheid en kwaliteit van Karoolamsvleis ten toon gestel.
Deelnemers is op streng kriteria beoordeel, insluitend die vleis se smaak, tekstuur en algehele kwaliteit.
Die kompetisie dien ook as 'n geleentheid vir boere om hul stories te deel, met verbruikers in verbinding te kom en blootstelling aan nuwe markte te kry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’