MIDDLEBURG NUUS - Die gesegde lui "om iets op die kaart te sit", maar Middelburg se toerismeburo het dit andersom gedoen - hulle het die kaart op Middelburg gesit!
Karen McEwan, bemarker by Middelburg Toerisme, is baie opgewonde oor die buro se splinternuwe inligtingsbord op die hoek van Meintjies- en Victoriastraat.
Hierdie bord bevat meer as bloot 'n kaart van die dorp.
Dit dui ook besoekpunte van belang aan en sit inligting uiteen oor Middelburg se splinternuwe geskiedkundige selfryroete - maar die kersie op die koek is die QR kode wat geskandeer kan word om alle Middelburg-inligting en lede-informasie aanlyn te sien.
Middelburg Karoo Toerisme gee graag erkenning aan die drie hoofborge:
Rolfe Laboratories wat die raamwerk gebou en die logistieke reëlings rondom die oprigting van die bord hanteer het; Astron Energy Volkstud Middelburg wat die bord se ontwerp en die beplanning geborg het, asook hulp verleen het met die bord se vervoer; en Primêre Skool Karel Theron het die nie net die spasie beskikbaar gestel nie, maar ook bystand en hulp verleen met die oprigting.
Elke plaaslike besigheid wat op die bord adverteer, het bewys dat hulle glo in Middelburg-toerisme se visie vir die dorp.
Die inligting op die bord is ook nou beskikbaar in splinternuwe pamflette wat vrylik beskikbaar is aan alle Middelburg-inwoners, lede van die Toerismegroep, besoekers en toeriste.
"Hierdie was weer 'n 'Trots Middelburg' inisiatief!" sê McEwan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’