KAROO NUUS - Al die o10-hokkiemeisiespanne van Laer Volkskool het verlede naweek hulle hokkieseisoen afgesluit deur aan die o10 Union Hockey Festival deel te neem.
Hulle het 'n baie suksesvolle toernooi gehad en goeie hokkie gelewer.
Elmaré Naudé is as beste doelskieter en Cade Everson as beste middelveldspeler aangewys.
Die tellings was as volg:
o10A
- Verloor teen Union 1 - 5
- Wen teen Victoria Primary A 4 - 1
- Wen teen Cradock A 5 - 2 Wen teen Sonop A 10 - 0
- Wen teen Hangklip A 6 - 2
o10B
- Wen teen Astra A 5 - 0
- Wen teen Union B 3 - 1
- Wen teen Victoria Primary B 7 - 1
- Wen teen Bedford B 6 - 2
- Wen teen Cradock B 2 - 0
o10C
- Verloor teen Union uitnodiging 2 - 4
- Wen teen De Aar A 7 - 1
- Wen teen Sonop B 3 - 0
- Wen teen Astra B 3 - 2
- Wen teen Union B 6 - 2
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’