NXUBA NUUS - Beloning vir prestasie is altyd ’n topprioriteit, en by Hoër Landbouskool Marlow word daar moeite gedoen om toppresteerders die hoogste lof toe te swaai.
Dit was dan ook tydens ’n spoggeleentheid wat Marlow se topskuts en hul afrigter op Donderdag 30 April hul welverdiende Proteabaadjies ontvangs het.
Wat hierdie topprestasie nog meer indrukwekkend maak, is dat hierdie vier Suid-Afrika by die Wêreld Metaal Silhoeët Skietkampioenskappe in Finland van 4 tot 18 Julie gaan verteenwoordig.
Nadat die aankondiging gemaak is, het Andries Erwee erken dat hy welbekend is met die skietvernuf van Gary Marx van Burgersdorp.
“Gary Marx van Marlow is nou ’n Proteaskut.
Ons weet hy is die beste en ons glo hy gaan ons volgende wêreldkampioen in Finland word.
Sy maats het my vertel dat hy ’n hardlopende volstruis, op vol spoed, met ’n kettie morsdood geskiet het.
Enigeen wat dus dalk na ’n jakkals lyk, moet liewer maar plat lê as Gary nader kom.
Rooijakkalse staan geen kans teen die skut nie. Hy hou eenvoudig nie van hulle nie, want hul roei onder die skaaplammers.”
Hoër Landbouskool Marlow is ongelooflik trots is op hierdie jong manne se prestasie en toewyding, “Hulle dra die Wolram-naam met trots!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’