GRAAFF-REINET NUUS - Vier uiters talentvolle perderuiters, leerders van Hoër Volkskool, het die onlangs die skool se naam hoog gehou by die grootste buitelug-saalperdskou ter wêreld.
Talle internasionale deelnemers, onder andere van die VSA, en bykans 1 000 perde het van 29 April tot 2 Mei aan die Bloemskou in Bloemfontein deelgeneem.
Hoër Volkskool se vier deelnemers was Tiaan Fourie, Philip Ehlers, Marli Fourie en Gaby Hall.
Hul uitslae was as volg:
Tiaan Fourie
5de in driegang plesierperd ruiters 18 jaar en onder
Philip Ehlers
4de in vyfgang kinderryperd ruiters 14 jaar en onder
5de in driegang plesierperd ruiterkuns ruiters 14 jaar en onder
6de in groot kampioen vyfgang kinderryperd ruiters 14 jaar en onder
Marli Fourie
SA kampioen in driegang ruiterkuns ruiters 14 jaar en onder (vir die 2de opeenvolgende jaar!)
Reserwe SA kampioen in vyfgang plesierperd ruiterkuns ruiters 14 jaar en onder
3de in vyfang plesierperd ruiters 14 jaar en onder
Gaby Hall
2de in o. 16 driegang kinderryperd
2de in o. 18 groot kampioen driegang kinderryperd
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’