GRAAF-REINET NUUS - Marizé Retief van Laer Volkskool is tans 7de op die Suid-Afrikaanse ranglys vir dogters o. 10 in skaak.
Sy het hierdie plek verwerf danksy haar harde werk en toewyding aan die sport.
Hierdie ranglys, bekend as die "Grand Prix-lys", sluit slegs die top 20 spelers in die land in - en Marizé is een van hulle!
Elke toernooi bring vir haar meer ervaring en punte, en sy bou steeds aan haar sukses op die skaakbord.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’