KAROO NUUS - Marinda Coetzee, wat vir die afgelope sewe jaar die Marais Steyn-tehuis op Steynsburg bestuur het, het op 1 Oktober, die leisels aan Karen Kaltenbrunn oorgegee.
Coetzee, het na haar eggenoot, Abé, se heengaan sowat 'n jaar gelede, ook self by die tehuis ingetrek.
"Marinda het deur die jare kosbare insette in ons tehuis gelewer, sy was betrokke by elke inwoner se spesiale omstandighede. Ons gaan haar mis, maar ons is ook opgewonde oor Karen wat nou aangestel is en wat met nuwe idees en planne ons tehuis gaan bestuur," sê Desi Anderson, mediese suster van die tehuis.
Coetzee sal altyd bande met dié tehuis behou, waar sy ook nou ’n inwoner is.
Coetzee gaan darem ook daagliks die geleentheid hê om haar dogter, Debbie Erasmus, te sien aangesien sy as verpleeghulp en versorger by die tehuis werk.
Marinda Coetzee, uittredende bestuurder by Marais Steyn-tehuis. Foto's: Desi Anderson
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’