GRAAFF-REINET NUUS - 'n Klompie jongmanne in Graaff-Reinet wil graag met hul wiele pronk en het besluit om op Saterdag 1 Mei 'n motorskou op die dorp aan te bied.
Enigiemand is welkom om met hul motors te kom spog en dalk nog met 'n prys of twee weg te ry.
Die geld wat met die motorskou ingesamel word, sal aan 'n minderbevoorregte skool gaan wat hulle kan aanwend om skoolskoene en -truie mee aan te koop. Die naam van die gelukkig skool sal Saterdag tydens die prysuitdeling bekend gemaak word.
Die verrigtinge skop om 11:30 af met 'n bekendstelling (meet and greet) by die nuwe taxistaanplek in die dorp. Daarna sal die konvooi beweeg na Mosie-straatparkering (Q-BABS) en die skou sal teen 13:30 begin.
Die kategorieë waarin pryse gewen kan word, is: Rev-off; Low limbo; Best fitment; Best of Show en Boerewors.
Die inskrywingsgeld per motor is R20.
Vir enige navrae bel Brandon by 063 582 4715.
Die klomp jongmanne het saamgespan om 'n motorskou op Saterdag 1 Mei in Graaff-Reinet aan te bied. Van links: Mandan Mahona, Keegan Hector, Breyan Davids, Ayrton Roy, Teboho Kakhakhe, Ralton Arnold's, Ravel Kokra, Brandon Martins en Ronwin Job.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'