OOS-KAAP NUUS - Die somer is binnekort hier en almal gaan vind dat allerhande onwelkome gaste hul drumpels kruis, of teen hul bene of broekspype opklouter.
“Dit mag dalk die belangrikste ding wees wat jy hier lees.
Maak seker ons versprei die woord oor bosluise en die siektes wat hulle dra!” versoek Danie Viljoen ’n praktiese mediese terapeut by NewCare Lifestyle-groep.
Hier deel hy wenke hoe om hierdie probleem hok te slaan.
Afweermiddels vir bosluise en vlooie:
Gooi een koppie water in ’n spuitbottel gevolg deur twee koppies gedistilleerde wit asyn.
Bosluise haat die reuk en smaak van asyn, en sal maklik daardeur afgeweer word.
Voeg twee lepels plantaardige olie by wat swael bevat, ook ’n natuurlike bosluisafweermiddel.
Om ’n afweermiddel teen vlooie te maak, meng ’n paar lepels suurlemoensap, sitrusolie of pepermentolie by, wat beide bosluise en vlooie sal afweer, en ook lekker ruik.
Spuit op die droë pels, maar bly weg van die oë, neus, mond en geslagsdele.
Wanneer jou diere vir ’n lang tydperk buite is, spuit hierdie oplossing twee tot drie keer per dag aan.
Behandel ook jou gesin met twee koppies gedistilleerde wit asyn en een koppie water in ’n spuitbottel.
Om ’n gegeurde oplossing te maak, voeg 20 druppels van jou gunsteling essensiële olie by.
Bloekomolie werk ook as ’n bosluisafweermiddel, asook peperment- en sitrusolies. Spuit op klere, vel en hare voordat jy na buite gaan.
Gebruik vier uurliks en ondersoek jou vel en hare om seker te maak dat daar geen bosluise op die liggaam is nie.
Bontbosluise dra die bakterie wat Lyme’s se siekte versprei, en kom oral in Suid-Afrika voor.
Rickketsia of Borrelia Burgdorferi, wat Lyme’s veroorsaak, is bakteriese infeksies wat deur besmette bosluise oorgedra word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’