GRAAFF-REINET NUUS - Vanmiddag, Donderdag 2 Maart word die Graaff-Reinet-rolbalklub se besigheidsliga op die spits gedryf om die 2023 Somerkampioen te bepaal.
Die stryd om die titel is tussen Victorian Square en Factory Shop.
Eersgenoemde het 'n 11 skote voorsprong en Factory Shop sal vandag moet uithaal en wys want hulle moet met ses skote wen om die titel te verower.
Die toptwee spanne word gevolg deur Profcon 2, Care Centre, Nel Boerdery, Graphic Signs, Toyota Sales, PG Glass, Octofin en Big 5.
Die prysuitdeling sal na die eindstryd by die klubhuis gehou word.
Die Camdeboo-hengelklub bring kleur. Van links is Hennie van Rensburg, Chris Serfontein, Kleinjan van Rooyen en Deon van der Merwe.
Foto's: Eddie Brett-Rite
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'