GRAAFF-REINET NUUS - Naudé van der Merwe van Laer Volkskool het onlangs aan die Kaapse streekkampioenskappe vir vlak 3 swemmers deelgeneem.
Swemmers van ander streke, insluitend Richardsbaai en Pretoria, het in Kaapstad aan die gala kom deelneem.
Naudé het baie van sy persoonlike beste tye verbeter - iets waarna elke swemmer streef.
Sy beste prestasie was 24ste in die 200m rugslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’