GRAAFF-REINET NUUS - 'n Groep van Laer Volkskool (LVS) se gr. 1 tot gr. 4-skaakleerlinge het onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Union gespeel.
Vir 'n hele paar van die 24 spelers was dit hulle eerste wedstryd en hulle was dus baie opgewonde en effe benoud.
Beide skole het speel pragtige skaak gespeel en die middag terdeë geniet.
Die LVS-spelers het uitstekend gevaar, met 11 spelers wat al drie rondes wen het en agt wat twee uit drie rondes wen.
Party spelers was so entoesiasties dat hulle sommer ekstra rondes gespeel het!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’