KAROO NUUS - Leerders van Laer Volkskool wat gekies is om die leierskamp by Skietfontein by te woon, het op 2 Oktober vertrek om die hindernisbane, modder in die hare en uitdagings te trotseer.
Die leerders het aan verskeie kop-krap aktiwiteite deelgeneem.
Die nuwe leiers het geleer hoe om te beplan, vir mekaar te luister en het hulle besef hoe belangrik spanwerk en vertroue is.
Die volgende leerders is gekies om volgende jaar as leiers te dien:
- Seuns:
Lee-Jon Blignaut, Christo Nel, Jarrod Gerber, Drian Gildenhuys, Markus van der Ahee, Pieter Fourie, Randall Sauls en Pedri van der Merwe.
- Dogters:
Angela Vorster, Andeline Engelbrecht, Daminay Meyer, Stacey Jansen, Uné Groenewald, Dante Dercksen, Emma Conradie en Zenicke van Schalkwyk.
Die hoofleiers op 2 November by die prysuitdeling bekend gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’