GRAAFF-REINET NUUS – Mia Botha, ‘n Graad 2-leerling verbonde aan Laer Volkskool in Graaff-Reinet, het behoorlik geskitter tydens onlangse tweekamp-kompetisies.
Soveel so dat sy sopas in die OP se O.8A-span opgeneem is, en die span tydens die interprovinsiale kompetisie in Oudthoorn die pas afgelope Saterdag, 3 Februarie, verteenwoordig het.
Mia het hierdeur haar half-erekleure vir tweekamp verwerf.
Mia is die dogter van Shawn en Johané Botha van Graaff-Reinet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'