GRAAFF-REINET NUUS - Die Samara Karoo Reservaat is nie alleen onlangs benoem as een van die top vakansiebestemmings nie; hierdie oord sal voortaan ook lugvervoer vir toeriste beskikbaar hê vanaf die Gqeberha lughawe tot by Samara, in samewerking met hul venoot, Air du Cap.
“Dit gaan eenvoudig net makliker en meer luuks as ooit tevore wees vir enige toeris om na Samara te reis,” sê Sarah Tompkins, medestigter van die reservaat.
Gaste op roete na Samara Karoo Reservaat, sal in uiterste gerief aan boord van die Beechcraft Baron 58 kan reis, 'n tweemotorige vliegtuig wat ontwerp is vir gemak en styl.
Die vliegtuig bied plek vir tot vyf passasiers plus die vlieënier.
Die vliegtuig is toegerus met handgestikte leerklubsitplekke, volledige lugversorging, Bluetooth-geraasdempende oorfone, gevorderde avionika vir 'n kalm, veilige vlug, en versnaperinge en drankies sal as standaard bedien word.
Hierdie nuwe diens sal gaste vinnig en in gemak na die hartjie van die Groot-Karoo vervoer - 'n perfekte komplement vir hul luukse Samara-ervaring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’