Video
HOFMEYR NUUS EN VIDEO - Klein Liso Cabanga is amper vyf jaar oud. Maar hy kon nog nooit rondloop sonder dat sy ouma, by wie hy bly, sy handjies vashou nie.
Liso se ouma en oupa, Nonxamleko Cabanga en Siphamandla Booi, en sy tannie, Khazimla Cabanga, het klein Liso Woensdagoggend, in ysige koue weer, na Hofmeyr Hugs of Hope geneem, waar daar reeds 'n paar weke vantevore planne gemaak is om Liso te help.
Groot vreugde was dadelik sigbaar op dié kleinman se gesiggie toe hy sy splinternuwe, verstelbare loopraam raaksien.
Sy ouma se opgewondenheid was net so opreg, want dié loopraam het ook 'n sitplekkie waarop klein Liso kan sit wanneer sy beentjies moeg raak.
Hofmeyr Hugs of Hope word ruimhartig ondersteun deur donateurs en die rooi loopraam was 'n skenking aan Hugs - spesiaal vir klein Liso.
Daar was nie 'n droë oog by dié instansie nadat die loopraam verstel is en Liso op sy eerste solotog kon wegtrek nie.
Liso Cabanga met sy splinternuwe, rooi vuurwa.
VIDEO: Liso stap met sy splinternuwe, rooi vuurwa
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’