MURRAYSBURG NUUS - ‘n Man van hier, wat sy meisie - die ma van hul twee minderjarige kinders - sowat 48 keer met ‘n mes gesteek het, is gister in die Murraysburg-streekhof lewenslank tronk toe gestuur vir die moord.
Elrich Hendricks (26) het in Oktober 2020 met die 23-jarige Janine Kobus oor hul kinders gestry en haar toe met klippe teen die bene gegooi.
Later die dag het die stryery voortgegaan en het hy haar van haar ouerhuis na sy ouerhuis geneem waar hy haar vermoor het deur herhaaldelik met ‘n mes te steek.
Die hof het bevind dat Hendricks die oorledene vermoor het omdat hy geweet het dat sy oor ander sake teen hom, insluitend ontvoering, sou getuig.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het met vonnisoplegging gesê dat sy geen wesenlike of dwingende omstandighede kon vind om ‘n ligter vonnis as lewenslange gevangenisstraf vir so ‘n wrede moord op te lê nie.
Hendricks is ook tot vyf jaar op elk van die aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ontvoering, gevonnis.
'Ons bring jou die nuuste Murraysburg, Karoo nuus'