GRAAFF-REINET NEWS — Spandau Senior Sekondere Skool se Graad 12-prefekte het onlangs by die Camdeboo Nasionale Park byeen gekom om mekaar beter te leer ken en spangees te kweek tydens ‘n prettige spanboukamp.
Die opvoedkundige kamp was baie leersaam en beskou die skool dit as ‘n groot sukses deurdat die leerders waardevolle lesse geleer het.
So tussendeur die spanbousessies het die leerders ook darem tyd gekry om te ontspan en is daar baie pret gehad deur die leerders.
Die skool spreek graag hul waardering uit teenoor ieder en elk wat bygedra het tot die kamp se sukses.
Die skool rig ook ‘n groot woord van dank aan Virginia Christoffels, Ethne Hufkie, Dean Japhta en ‘n anonieme borg wat finansieel bygedra het tot die kamp.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'