GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se nuwe prefekte het onlangs ‘n leierskamp by die Asante Sana- Privaat Wildreservaat bygewoon.
Tydens dié kamp het leerders verskeie uitdagings gehad wat onder andere spanbou vereis het.
Leiers- en lewensvaardighede is ook ontwikkel.
Hierdie kamp het ‘n goeie basis gevorm waarop voortgebou kan word vir 2019.
Laer Volkskool se leiers vir 2019 is (meisies) Dalene Barnard, Anishka Luiters, Bianca Fitzgerald, Zanri Groenewald (hoofdogter), Jani van der Merwe (onderhoofdogter), Eline Fourie, Lisa Steynberg, Sanet Grobler, (seuns) Freddie van der Mescht, Juan Stannard, Adriaan Blignaut (hoofseun), Mark Blom, Hugo Botha, Xander Keyser (onderhoofseun), Zak Wolfaardt, Pieter van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'