GRAAFF-REINET NUUS - Hoe vertel ons ons kinders van die Woord van God?
Die Shofar-gemeente nooi belangstellendes uit om Sondagoggend, 28 April, om 09:00, hul oggenddiens by Laer Volkskool se klubhuis, Die Kewertjie, by te woon waar Alida Bornman, skrywer van die splinternuwe kinderboek, Helde van die Bybel (Volume 1), die boodskap sal bring.
Die boek, wat ook beskikbaar is in Engels as ‘Heroes of the Bible’, handel oor sterk en dapper Bybelse helde wat die wêreld verander het vir Jesus.
Hierdie boek is geskryf om ouers te help om die Woord van God oop te breek vir hul kinders. Nie net is dit 'nsaamlees boek nie, maar 'n saamgesels boek. ‘n Gratis werkswinkel in dié verband sal van 15:00 tot 17:00 dieselfde Sondag vir ouers aangebied word.
Skakel 084 511 4799 om meer hieromtrent uit te vind.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'