GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Woensdag, 24 Mei, het 'n groep van die Hoër Volkskool Landsdiensklub besluit om die boeke vir 'n uur opsy te skuif en deel te neem aan 'n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Huis van de Graaff tehuis vir bejaardes.
Tydens dié initiatief, het die lede vanaf Hoër Volkskool tot by die NG Grootkerk-gebou gestap, en deurentyd blik geskud vir donasies van die publiek.
Die positiewe gesindheid van die deelnemers en talle donateurs het van hierdie poging 'n groot sukses gemaak.
Enige persoon wat nog 'n bydrae tot hierdie fondsinsamelingspoging wil maak, is welkom om die skool te kontak by 049 8910514.
Die fondse geïn sal binnekort aan die Huis van de Graaff oorhandig word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'