CRADOCK NUUS - Laerskool Cradock is ongelooflik trots is op vyf van sy leerders, die rugbyspelers Luan Moolman, Hlumelo Martin, Kian Gertse, Frans-Johan de Klerk en Jandré van Rooyen, wat deurgedring het na die volgende ronde van die Middelande-rugbyproewe.
Hierdie fikse jong manne se toewyding en moed is 'n inspirasie vir die skool en 'n voorbeeld vir die hele Cradockgemeenskap.
Laerskool Cradock wens elkeen van dié seuns geluk en fasiliteerders en afrigters is dit eens dat hierdie spelers wys wat ware deursettingsvermoë en spanbou beteken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’